Thursday, January 12, 2012

Riaan en Esmé

Op die 19de November het Riaan en die liefde van sy lewe; Esmé mekaar die hand gegee in Sasolburg. Die paartjie se opgewondenheid was duidelik in die lug gewees. Tussen salonne, gastehuise het die Kenosis fotograaf omtrent bont gestaan vir hierdie spesiale dag.

Die fotosessie op die grondpad was ‘n hoogtepunt gewees, met die twee wat baie diep in mekaar se oë gekyk het, kon mens sien dat hier is iets baie besonders. Vanaf die emosionele diens tot die komieklike das sny by die onthaal sal altyd in die gedagtes van die vriende en familie bly.. en soos altyd, was die photobooth groot pret.

Kenosis wil vir Riaan en Esmé net die beste toe wens vir hulle lewenspad saam, mag vrede en geluk saam met julle loop al die dae van julle lewe saam..


























 

Wednesday, January 11, 2012

Johan & Izane

Wat meer kan ‘n mens  sê, daar is darem niks mooier as waneer twee mense wat vir mekaar bedoel is op ‘n Saterdag in Oktober op die wal van die Vaalrivier vir mekaar die ja-woord gee. Al van vroeg af was die Kenosis span besig om die twee se heriniringe vas te lê. Die gaste het omtrent gesnak na hul  asems toe Izane met haar gekleurde trourok afgestap kom. Met die lees van hulle beloftes aan mekaar was daar nie ‘n enkele droë oog in die stoele gewees nie.

En dit raak net beter.. ‘n lekker onder die maanlig onthaal het so in almal se smaak geval, moenie vergeet die oomblik toe Izane vir Johan met die trou koek in die gesig gesmeer het nie en toe soos ‘n honderd meter atleet gehardloop het.. En… dis nie aldag dat die fotograaf die kousband vang nie.

Namens Kenosis wens ons vir Johan en Izane ‘n baie geseënde toekoms voor, mag die Here elke droom van julle seën en julle paaie gelyk maak..




















Jacques & Yolandé

Net buite Parys op ‘n heerlike Saterdag in November het die twee verliefdes Jacques en Yolandé, hulle innige liefde voor God, vriende, familieen gaste aan mekaar verklaar, die simboliese sout en peper potjies is iets wat lank in die gaste se geheue sal bly, vanaf Jacques se goeie sin vir humor tot Yolandé se pragtige rok, was dit ‘n perfekte dag vir ‘n vrolike bruilof. Die photobooth was ‘n groot trek-pleister, oud en jonk het gedeel in die pret daarvan en volgende die trou koek, is Jacques defnitief hook, line and sinker net vir sy Yolandé.

Vanaf die Kenosis span wens ons vir Jacques en Yolande ‘n baie voorspoedige huwelik toe, vol vreugde, geluk en liefde, baie geluk ook met die klein Maritz wat oppad is...