Thursday, January 12, 2012

Riaan en Esmé

Op die 19de November het Riaan en die liefde van sy lewe; Esmé mekaar die hand gegee in Sasolburg. Die paartjie se opgewondenheid was duidelik in die lug gewees. Tussen salonne, gastehuise het die Kenosis fotograaf omtrent bont gestaan vir hierdie spesiale dag.

Die fotosessie op die grondpad was ‘n hoogtepunt gewees, met die twee wat baie diep in mekaar se oë gekyk het, kon mens sien dat hier is iets baie besonders. Vanaf die emosionele diens tot die komieklike das sny by die onthaal sal altyd in die gedagtes van die vriende en familie bly.. en soos altyd, was die photobooth groot pret.

Kenosis wil vir Riaan en Esmé net die beste toe wens vir hulle lewenspad saam, mag vrede en geluk saam met julle loop al die dae van julle lewe saam..


























 

No comments:

Post a Comment