Wednesday, January 11, 2012

Johan & Izane

Wat meer kan ‘n mens  sê, daar is darem niks mooier as waneer twee mense wat vir mekaar bedoel is op ‘n Saterdag in Oktober op die wal van die Vaalrivier vir mekaar die ja-woord gee. Al van vroeg af was die Kenosis span besig om die twee se heriniringe vas te lê. Die gaste het omtrent gesnak na hul  asems toe Izane met haar gekleurde trourok afgestap kom. Met die lees van hulle beloftes aan mekaar was daar nie ‘n enkele droë oog in die stoele gewees nie.

En dit raak net beter.. ‘n lekker onder die maanlig onthaal het so in almal se smaak geval, moenie vergeet die oomblik toe Izane vir Johan met die trou koek in die gesig gesmeer het nie en toe soos ‘n honderd meter atleet gehardloop het.. En… dis nie aldag dat die fotograaf die kousband vang nie.

Namens Kenosis wens ons vir Johan en Izane ‘n baie geseënde toekoms voor, mag die Here elke droom van julle seën en julle paaie gelyk maak..




















No comments:

Post a Comment